Thor word rooi in die gesig terwyl Argon sy gedagtes lees.
“Jy is ‘n vurige seun,” voeg hy by. Sterk persoonlikheid. Te trots. Positiewe kenmerke. Maar een dag mag dit jou neerlaag beteken.”
Argon begin teen ‘n mossige rand opklim, en Thor volg.
“Jy wou by die Koning se Legioen aansluit,” sê Argon.
“Ja!” antwoord Thor opgewonde.”Is daar enige hoop vir my? Kan u dit laat gebeur?”
Argon lag, ‘n diep, hol klank wat ‘n rilling by Thor se rugraat afstuur.
“Ek kan enigiets en niks laat gebeur. Jou toekoms is reeds geskryf. Maar dit hang van jou af om dit te kies.”
Thor het dit nie verstaan nie.
Hulle bereik die bo-punt van die rand, waar Argon tot stilstand kom en na Thor kyk. Thor staan net n paar meter weg, en Argon se energie brand deur hom.
“Jou toekoms is ‘n belangrike een,” sê hy.” Moet dit nooit agterweë laat nie.”
Thor se oë rek. Sy toekoms? Belangrik? Hy voel hoe hy swel van trots.
“Ek verstaan nie.U praat in raaisels. Asseblief, vertel my meer.”
Argon verdyn.
Thor se mond hang oop. hy kyk in elke rigting, luisterend, wonderend. Het hy dit alles verbeel? Was dit net sy verbeelding?
Thor draai en ondersoek die woud; van waar hy staan, hoog op die rand, kon hy verder sien as tevore. Terwyl hy kyk, sien hy beweging in die verte. Hy hoor ‘n geraas en was seker dat dit sy skaap was.
Hy strompel af van die mossige rif en haas in die rigting van die geluid, terug deur die woud. Terwyl hy beweeg kan hy nie die ontmoeting met Argon van hom afskud nie. Hy kan amper nie glo dat dit wél gebeur het nie. Wat doen die Koning se Druid hier, van alle plekke? Hy het vir hom gewag. Maar hoekom? En wat het hy bedoel omtrent sy toekoms?
Hoe meer Thor prober het om dit te ontrafel, hoe minder kon hy dit verstaan. Argon het hom gewaarsku om nie voort te gaan nie, maar dit ter selfde tyd aanloklik gemaak. Nou, soos hy voortbeweeg, kry Thor al meer ‘n voorgevoel, so asof iets gewigtig gaan gebeur.
Hy gaan om ‘n draai en stop in sy spore toe hy die uitsig voor hom inneem. Sy ergste nagmerries is sopas bevestig. Sy hare staan penorent, en hy kom tot die besef dat hy ‘n ernstige fout begaan het deur so diep in die Donkerwoud in te gaan.
Oorkant hom, skaars dertig treë weg, was ‘n Sybold. Kolossaal, gespierd, op al vier sy pote, en amper so groot soos ‘n perd, was die mees gevreeste dier van Donkerwoud, miskien selfs die hele koninkryk. Thor het dit nog nooit vantevore gesien nie, maar hy het genoeg van die legendes gehoor. Dit het die voorkoms van ‘n leeu, maar was baie groter, breër, en sy pels ‘n diep rooi met glimmende geel oë. Die legende is dat sy diep rooi kleur kom van al die onskuldige kinder bloed.
Thor het nog net van ‘n paar waarnemings gehoor van hierdie gedierte in sy lêwe, en selfs daardie kere was aangesien as twyfelagtig. Miskien was dit omdat niemand nog ooit so ‘n ontmoeting oorleef het nie. Sommige verwys na die Sybold as the God van die Woude, en ‘n slegte teken. Wat daardie slegte teken was, was iets wat Thor geen benul van het nie.
Hy is vasgenael met vrees, en hy weet hy sal moet aksie neem.
Sy reflekse neem oor. Hy voel versigtig vir sy sakkie, haal ‘n klip uit, en sit dit in sy slinger. Met ‘n bewende hand, wen hy dit op, vat een tree vorentoe, en gooi.
Die klip seil deur die lug en tref sy merk. ‘n Perfekte skoot. Dit tref die skaap op sy oogbal, en druk dit deur tot in sy brein.
Die skaap word slaap. Dood. Thor het die dier van sy leiding verlos.
Die Sybold gluur, woedend omdat Thor sy speelding doodgemaak het. Hy maak sy massiewe kake stadig oop en laat val die skaap, wat met ‘n plomp op die bos se vloer val. Dan rig hy sy oë op Thor.
Hy grom,‘n diep, bose geluid wat diep vanuit sy maag styg.
Terwyl dit op hom afsluip, plaas Thor met ‘n hamerende hart nog ‘n klip in sy slinger, trek terug, en berei die volgende skoot voor.
Die Sybold begin hardloop, met die vinnigste beweging wat Thor nog ooit vantevore in sy lêwe gesien het. Thor vat een tree vorentoe, gooi die klip, biddend dat dit raak is, wêtend dat hy nie tyd sou hê om weer te gooi voor die ding op hom is nie.
Die klip tref die gedierte in sy regter oog, en slaan hom uit. Dit was ‘n geweldige gooi, een wat ‘n geringer dier tot op sy knieë sou bring.
Maar dit was nie ‘n geringer dier nie. Hierdie ondier was onstuitbaar. Dit gee ‘n gil met die aangerigde skade, maar sonder om stadiger te beweeg. Selfs met een oog minder,selfs met die klip in sy brein vasgevang, storm hy meedoënloos op Thor af. Daar was niks wat Thor kon doen nie.
‘n Oomblik later is die gedierte op hom. Hy trek sy massiewe klou terug en veeg sy skouer.
Thor gil. Dit het gevoel soos drie messe wat deur sy vleis sny, warm bloed wat onmiddelik daaruit stroom.
Die gedierte pen hom vas teen die grond met al vier sy pote. Die gewig was ongelooflik, dit het gevoel of ‘n olifant op sy bors staan. Thor voel hoe sy ribbekas gekneus word.
Die gedierte gooi sy kop agteroor, maak sy kake wyd oop om sy slagtande te ontbloot, en sak nader aan Thor se keel.
Soos hy sak, reik Thor na bo en gryp sy nek; dit was soos n soliede spier. Thor kon skaars vashou. Sy arms begin bewe as die slagtande al laer sak. Hy voel die ding se warm asem oor sy gesig, voel die spoeg op sy nek drip. ‘n Grom kom diep vanuit die dier se bors, brand Thor se ore. Hy besef hy gaan sterf.
Thor sluit sy oë.
Asseblief God. Gee my krag. Laat my toe om met die ongedierte te veg. Asseblief. Ek smeek U. Ek sal enigiets doen wat U vra. Ek sal U ‘n groot skuld verskuldig wees.
Net toe gebeur iets. Thor voel ‘n geweldige hitte oprys vanuit sy liggaam, polsend deur sy are, soos ‘n energie veld wat deur hom stu. Hy maak sy oë oop en iets wat hom verras: vanuit sy handpalms gloei ‘n geel lig, en terwyl hy terrugdruk teen die gedierte se keel, ongelooflik, was hy in staat om sy krag te passer en dit op ‘n afstand te hou.
Thor hou aan stoot totdat hy dit regkry om die gedierte eintlik terug te stoot. Hy voel sy krag versterk en voel ‘n kanonskoot energie deur hom bruis---‘n oomblik later, trek die gedierte met ‘n vlaag agtertoe, met Thor wat hom seker tien tree agter toe gooi. Dit beland op sy rug.
Thor sit orent, verstaan glad nie wat gebeur het nie.
Die gedierte kom terug op sy pote. Dan, in woede, storm dit weer---maar hierdie keer voel Thor anders. Die energie pols deur hom; hy voel meer kragtig as wat hy ooit was.
Terwyl die gedierte deur die lug spring, buk Thor, gryp dit aan die maag, en gooi dit, hy laat toe dat die gedierte se vaart dit aanhelp.
Die gedierte vlieg deur die woud, tref ‘n boom en val inmekaar op die grond.
Thor staar, verdwaas. Het hy sopas ‘n Sybold gegooi?
Die ondier knip sy oë twee keer, en kyk na Thor. Staan op en storm hom weer.
Hierdie keer, toe die gedierte toesak, gryp Thor hom aan die keel. Hulle gaan altwee grond toe, die ondier bo-op Thor. Maar, Thor rol om en bo-op die ding. Thor hou vas, en wurg die ding met albei hande, terwyl die ondier sy kop probeer optel en na hom hap met sy slagtande. Hy het net gemis. Thor, met hernude krag, druk harder sonder om te laat gaan. Hy laat die energie deur hom pols. En binnekort, voel hy dat hy sterker as die gedierte is.
Hy was besig om die Sybold dood te wurg.
Thor het nie laat los vir ‘n volle minuut nie.
Hy kom stadig orent, uit asem uit, en staar af, groot-oog, terwyl hy sy gewonde arm vashou. Wat het nounet gebeur? Het hy, Thor sopas ‘n Sybold dood gemaak?
Hy voel dat dit ‘n teken is, vandag van alle dae. Hy voel asof iets gewigtigs gebeur het. Hy het sopas die mees befaamde en gevreesde ongedierte van die koninkryk dood gemaak. Alleen. Sonder ‘n wapen. Dit voel onwerklik. Niemand sal hom glo nie.
Hy voel die wêreld om hom tol terwyl hy wonder wat oor hom gekom het, wat dit beteken het, wie hy regtig was. Die enigste mense wat bekend is vir sulke krag was die Druide. Maar sy ma en pa was nie Druide nie, so hy kan nie een wees nie.
Of kon hy wees?